11/01/2008

Seksbedryf

Shanetta
'n Deel van die seksbedryf in Suid-Afrika ver­skuif nou na middel- en hoërinkomste-huise en veral na ryk voorstede naby sportstadions in die aanloop tot 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi. Seksdienste word oor die algemeen benut deur mans bo 40 jaar in dié inkomstegroepe en onder sakevennote wat partytjies, prostitusie en ontkleeklubs in hul saketransaksies inkorporeer. Dít blyk uit die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) en USAid se navorsingsverslag oor mensehandel in Suid-Afrika wat vandeesweek bekendgestel is. Dit is die eerste opname-ondersoek oor handel in kinders, vroue en mans vir arbeid en seksuitbuiting in Suid-Afrika. In die studie is bevind slagoffers van mensehandel kom meestal van die platteland, waar werkloosheid en armoede hul kwesbaarheid verhoog. Die Oos-Kaap, Mpumalanga en Limpopo is meestal die “werwingsgebiede” vir die slagoffers. Vroue werf ook slagoffers. Kinders word met vals beloftes van verblyf en salaris gewerf vir gedwonge straatsmousery, huishoudelike werk en seks, sê die VSA-ambassade in Pretoria in 'n verklaring oor die studie. Die studie, waarin 224 mense ondervra is, is van Maart tot September vanjaar gedoen. Moeti of lobola hits mensehandel blykbaar aan, asook die opvatting dat seks met 'n maagd MIV kan genees. Sekere slagoffers kan ontsnap, maar het dan intense skaamte en ly aan uitgerekte fisieke en emo­sionele trauma, lui die verslag. Die vraag na seksdienste bestaan veral in die sentrale deel van Port Elizabeth, Sunnyside in Pretoria en Hillbrow in Johannesburg. Dele van die bedryf verskuif egter na private huise in woonbuurte. 'n Informant het aan die navorsers gesê ontmoetingsplekke in die seksbedryf neem toe in ryk woonbuurte, “veral naby sokkerstadions in aanloop tot die Wêreldbeker-toernooi in 2010”. “Rassedinamika” speel ook volgens die navorsing 'n rol in die gebruik van seksdienste. Volgens 'n informant sal mans 'n vrou van 'n ander ras of etniese groep vir seks soek – uit nuuskierigheid of 'n magsdrang.

⤢

Nog geen opmerkingen.

Een reactie posten:

Nieuwere post ◄┘Terug ⌂ Oudere post

Translate|Vertaal:

Volgers:

Archief


Locations of visitors to this page
eXTReMe Tracker
Sexy Naked Blogs Personal Blogs BlogRankers.com